VAALTUIN-SE-DAG


Kan nie glo dat ons alreeds besig is met Februarie 2016 nie.


Dit is veronderstel om die maand van die Geelperskereen te wees i.e. twee weke van reenweer wat lei tot sowat 100mm neerslag in totaal. Ek praat nou van die dae voor Valentine se sekskapades  in hierdie land besing is.

Een of ander persoon het gesien dat dit n geleentheid gaan wees om baie blomme, klere (vir die baldanse, dit is nou die Afrikaans vir "Ballroom dancing" - dink ek)) en sjokolade te verkoop. Ek weet net dat ek nie sommer sal deelneem nie - klink of dit dalk kan seer wees.

Dollar is koning.

My oupa, hy was omtrent so ses en tagtig toe die ding nou so posgevat het dat hy ook daarvan kennis geneem het, het dit Vaaltuin-se-dag genoem. Niks van Valentine nie, die soort van naam is eintlik deur kulkunstenaars gebruik wat so eenmaal per jaar die kinders (en hulle ouers) se geld by n skooloptrede gevat het.

Die ouens het teelepels gebuig en geselekteerde lede in die gehoor se horlosies laat staan.

Maar terug by Valentine (dis nou die ou wat die girls se voete onder hulle uitgevry het.)
Blykbaar was hy onweerstaanbaar omdat hy presies geweet het wat vroumense wil he, enige tyd, enige plek. 

Hy het hulle sjokolade, wyn en kos gevoer (alles in hartvormige dosies) dat hulle weerstand (verstand) verminder het to op n punt waar hy hulle laat glo het hulle is die mooiste en aanloklikste kreature op aarde. Die res is geskiedenis. (Nie dat ek nou anders wil beweer nie)

My oupa het hierdie hele storie op n ander manier gesien – ses en tagtig jaar het n geneigdheid om die perspektief so effens te verander.

Wat hy raakgesien het is die duisende bosse blomme wat so van die tiende Februarie af hulle pad gevind het na die straathoeke toe en die talle verkopers wat dit aan die arme manlike motorbestuurders probeer afsmeer om vir mammie (hopelik) ook darem so min-of-meer n idee te gee wat dit moes gewees het om in Valentine se kloue te val.

Binne in die winkels was dit n ander naarheid – hartvormige dose sjokolade en ander lekkers – gelukkig nie sardiens wat hulle weg ook in hierdie snaakse ingekeepte driehoekvorm ingevind het nie.

Dit sou n aardigheid gewees het as een van die blikkies begin lek het en iemand dalk opgemerk het dat jou dosie na vis ruik.

Ek kan onthou dat ons as kinders elke jaar van hierdie Valentine outjie gelees hier in “Archie Comics”

Ou Archie en Jughead en Reggie (as ek reg onthou) het vir Veronica en die ander meisies blomme en sjokolade en naamlose briefies getuur tot kotsens toe. Ek dink ek was amper dertig voordat ek uitgevind het wie die Valenine nou eintlik was.

Al wat ek baie goed onthou was dat niemand vir arme Ethel (dit was die lelike eendjie in die storie) ooit n blommetjie of n blokkie sjokolade uit die "deal" laat kry het nie.

Ek het eendag vir my oupa gevra hoekom hy aandring om dit Vaaltuin-se-dag te noem en hy het vir my gese ons moet n draai gaan ry. 

Op die eerste straathoek wat die moeite werd was het daar vier ouens gestaan wat blomme verkoop het, vyf Rand vir een roos nogal. Hy het  my een vraag gevra: “As al die blomme dan nou gepluk is om te verkoop, Hoe dink ek lyk die tuine”


Duidelik VAAL  Soos in Vaaltuin-se-dag.

Comments

Popular posts from this blog

FARM ATTACS IN SOUTH AFRICA

ATHEISM ??