Posts

Showing posts from February, 2016

VAALTUIN-SE-DAG

Kan nie glo dat ons alreeds besig is met Februarie 2016 nie. Dit is veronderstel om die maand van die Geelperskereen te wees i.e. twee weke van reenweer wat lei tot sowat 100mm neerslag in totaal. Ek praat nou van die dae voor Valentine se sekskapades  in hierdie land besing is. Een of ander persoon het gesien dat dit n geleentheid gaan wees om baie blomme, klere (vir die baldanse, dit is nou die Afrikaans vir "Ballroom dancing" - dink ek)) en sjokolade te verkoop. Ek weet net dat ek nie sommer sal deelneem nie - klink of dit dalk kan seer wees. Dollar is koning. My oupa, hy was omtrent so ses en tagtig toe die ding nou so posgevat het dat hy ook daarvan kennis geneem het, het dit Vaaltuin-se-dag genoem. Niks van Valentine nie, die soort van naam is eintlik deur kulkunstenaars gebruik wat so eenmaal per jaar die kinders (en hulle ouers) se geld by n skooloptrede gevat het. Die ouens het teelepels gebuig en geselekteerde lede in die gehoor se horlosi